Gmail doen ‘n PR ambush, Hotmail bly maar Hotmail

Dis geen toeval nie; verbruikerstegnologie is ‘n cutthroat mark, en die Public Relations Officers en bemarkingsdepartemente beplan hierdie “produk launches” om enige moontlike publisiteit wat hul mededingers kan kry, uit te wis.

Ek is seker baie van julle het vanoggend gehoor van die nuwe Gmail feature wat jou mailbox vir jou uit sorteer, jou belangrike emails vir jou aanbeveel en net basies leer hoe jy jou email gebruik. Maar wie weet van die nuwe hotmail social media features en in-mail, in-browser file editing? Probably nie eens ‘n handjie vol nie (alhoewel – Google het dit in elkgeval al klaar gedoen; net bietjie anders).

Vat byvoorbeeld die launch van die nou-dooie Palm Pre; Apple launch toe die iPhone 3GS en kry al die aandag. Windows launch Bing en wat doen Google? Hulle dominate die nuus met die nou-ook-dooie Wave… nog voor die produk selfs bestaan het.

Volgende keer as jy “groot” nuus in die tegnologiesektor hoor, check bietjie rond om te sien of daar nie iets anders ook aan die gang is nie. Dit mag dalk interessant wees.

Ek suppose allupintheinterwebz kan ook maar ons deel vir Google doen – so hier’s die video wat jou verduidelik van die nuwe Gmail funksies…

Advertisements



    Leave a Reply

    Fill in your details below or click an icon to log in:

    WordPress.com Logo

    You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

    Twitter picture

    You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

    Facebook photo

    You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

    Google+ photo

    You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

    Connecting to %s



%d bloggers like this: