Kevin Pietersen se tweets land hom in die sop

Ek sal bietjie my taalvernuf opknap vir hierdie “blog” boodskap.

Mens hoor al hoe meer van sportsterre wat gas gegee word oor hul gebruik van Twitter. Kevin Pietersen is die nuutste om onder die spervuur te kom nadat hy uit die Engelse Twintig20 en eendag spanne gelaat is. Indien die leser meer wil weet oor die rasionaal vir sy uitsluiting, lees gerus Sport24 of ander webwerwe met meer in-diepte verslagdoening.

Wat vir my wel opmerkend was was dat Mnr. Pietersen onder die indruk was dat hy vir ‘n paar vriende ‘n KBD (kortboodskapdiens) gestuur het, maar per abuis het die boodskap by Twitter uitgekom. Dit klink dalk soos ‘n ouvroustorie, maar dit kan wel waar wees as jy kyk na die “tweet”, wat wel gestuur was as teksboodskap.

Dit bring tog die vraag na vore: is dit reg vir ‘n krieketraad (of enige ander sportsraad) om ‘n speler te beboet of te skors vir dit wat hulle op sosiale media sê?

Advertisements



    Leave a Reply

    Fill in your details below or click an icon to log in:

    WordPress.com Logo

    You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

    Twitter picture

    You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

    Facebook photo

    You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

    Google+ photo

    You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

    Connecting to %s



%d bloggers like this: