Die low-down op die “Playbook”, BlackBerry se nuwe tablet computer

Op die oog af lyk die produk fantasties. Dis slick, lyk besigheidsgeörinteerd en hy het dieselfde rugged edges waaraan mens gewoond geraak het met BlackBerry smartphones.

Tog, die feature wat die sterkste na vore kom is die feit dat dit van volle Adobe Flash funksionaliteit beskik, wat die tablet direk teenoor die iPad stel. Dit mag dalk die voorafbepaalde oorwinning van die oorlog tussen Flash en HTML5 ‘n bietjie langer uitstrek, en selfs omdraai vir Flash. Mens hoop net dat die produk nie dieselfde tipe sentiment as die BlackBerry Storm sal optel nie, wat stil-stil geflop het in die smartphone mark.

Hy kom ook met sy eie OS, wat goed is aangesien mens nie juis ‘n replica van die Storm se experience op jou tablet soek nie.

Verder kan hy met jou BlackBerry sync deur middel van Bluetooth om emails, BBM en ander dokumente met Push Technology te ontvang. Selfs BB se notorious security en encryption beskerm jou van enige verdagte kalante wat jou girlfriend se selfoon nommer wou hijack.

Sy App World integration lyk uitstekend, en hulle het beslis uit gegaan om die lewe makliker te maak vir developers – en sodoende ‘n gesonde app mark te verseker. Onder andere ondersteun dit nuwe weergawes van die BlackBerry OS, Java en Adobe AIR.

En vir die nerds:
  • 16GB en 32GB modelle
  • 7″ LCD display, 1024 x 600 screen resolution
  • 5.1″ x 7.6″ x 0.4″ (130mm x 194mm x 10mm)
  • 0.9 lbs (400g)
  • Built-in microUSB connector
  • Multi-touch capacitive screen
  • Wi-Fi® 802.11 a/b/g/n
  • 1 GHz dual-core processor
  • 1GB RAM

Ons verdict? Die Playbook gaan ‘n wenner wees, mits dit die business case vir ‘n besigheidsgehoor kan maak. Die produk se prys word bespiegel om in te klok teen ‘n peperduur $1,000 – wat beteken besigheidsverbruikers sal vir eers RIM se maak-of-breek beteken. Wat verder kommerwekkend is, is dat RIM se market share baie begin gly het in die G20 lande, en in baie gevalle sien hulle die Playbook as hul saving grace.

Tog is ons opgewonde om die produk te sien, asook die komende media-showdown tussen dit en die iPad.




    Leave a comment