Archive for the ‘Uncategorized’ Category

Posterous Fail

So, onlangs is Posteorus oorgekoop deur Twitter. Great.

Nou kry ons baie gereeld errors as ons iets post. Not so great.

Screen_shot_2012-04-12_at_5

So… ons het besluit om uit die nes uit te klim en ons eie ding te doen (aka actually ‘n domain te registreer en al daai stuff wat grootmens blogs doen).

Watch this space vir verdere details…

Advertisements

Google+ het gister hulle nuwe site design uitgerol. Dit lyk nice. Daar’s ‘n paar elemente wat ek persoonlik voel kan beter wees, maar all-in-all lyk dit nie bad nie. Een van die grootste bug-bears op Plus vir users is die massive wit spasie wat die site aansienlik, um, wit laat lyk.

[[posterous-content:pid___0]]Maar then again, wit spasie is niks nuuts vir Google nie…

[[posterous-content:pid___1]]Ek dink actually dis die beste ding wat Google ooit kon doen. Daar’s duisende posts deur users oor wat mens kan doen met die wit spasie, en baie van die posts lyk of jy dit probably in ‘n 4chan thread kon kry. Met ander woorde – meme-materiaal. Ek is nie bewus van enige vorige memes op Google+ nie, en wat ‘n manier om die community aan die gang te kry.

Hier’s die allupintheinterwebz top user posts oor #usesforwhitespace:

[[posterous-content:pid___2]][[posterous-content:pid___3]][[posterous-content:pid___4]][[posterous-content:pid___5]][[posterous-content:pid___6]]

http://www.youtube.com/v/PKb0BR-giCA&hl=en&fs=1

Goed om te sien dat ander lande ook sulke cringeworthy foute maak. Gelukkig doen ons nie ons s’n on air nie!

Dis al lank op hul site, maar dit interesseer my om te dink dat daar actually ‘n klomp mense is wat hul CVs na Google toe gestuur het om die span te join op hierdie buitenste ruimte venture.

Volgens die “job ad” sal jy aan eksperimente werk in “entropized information filtering, high-density high-delivery hosting”, of HiDeHiDeHo. Ons het die inside scoop op hierdie en kan vir jou ‘n job organise. Al wat jy moet doen is courier ‘n onoopgemaakte Apple iPad na Posbus 12483, Kaapstad, 8001, of email jou 1,500-woord opstel na allupintheinterwebz <at> hotmail [dot] com.

Ons sien uit om van jou te hoor! Besoek ook die Google Copernicus site.

Hoe goed is Cell C se data dienste regtig? Buzybuy Hosting het op mybroadband verskeie screengrabs gepost wat wys hoe vinnig mens met ‘n Cell C dongle kan download. Ons was lame genoeg om dit in ‘n neat, nerdy stacked bar chart te sit. Jy weet, visualisation of data en all that…

Kaapstad blyk na die plek om te wees, met die vinnigste downloads. Durban is amper so sleg soos om ‘n torrent te download met ‘n private tracker – m.a.w. pretty sleg. Londen (UK) en Washington DC kom tweede en derde, en downloads direk van MS se site af klok maar in op net onder 500kb/s.

Dié kykie na Cell C se download spoed kom na die uitrol van hulle sogenaamde 4G netwerk in spesifieke, amper onverwagte areas. Onder andere is Oos Londen gekies as die volgende plek wat die 21mbps HSPA+ sal sien, en ongeveer 81% van die populasie sal bedek.

Natuurlik beteken dit nie dat jy actually 21mb kan download in ‘n sekond nie; 21 megabits/sekonde is eintlik ‘n waarborg dat jy 2.625mb in een sekonde kan download. Dis pretty goed vir ‘n wireless USB modem. Ek het al redelik ondervinding met die Vodafone dongle van Vodacom wat minder samewerkend is.

As jy die screengrabs wou sien, gaan gerus na mybroadband.co.za

Nou’s watkykjy een stappie nader om hul slagspreuk te vervul: “Die beste Afrikaanse blog en website in die heelal”

Op die oog af lyk die produk fantasties. Dis slick, lyk besigheidsgeörinteerd en hy het dieselfde rugged edges waaraan mens gewoond geraak het met BlackBerry smartphones.

Tog, die feature wat die sterkste na vore kom is die feit dat dit van volle Adobe Flash funksionaliteit beskik, wat die tablet direk teenoor die iPad stel. Dit mag dalk die voorafbepaalde oorwinning van die oorlog tussen Flash en HTML5 ‘n bietjie langer uitstrek, en selfs omdraai vir Flash. Mens hoop net dat die produk nie dieselfde tipe sentiment as die BlackBerry Storm sal optel nie, wat stil-stil geflop het in die smartphone mark.

http://www.youtube.com/v/eAaez_4m9mQ&hl=en&fs=1&hd=1

Hy kom ook met sy eie OS, wat goed is aangesien mens nie juis ‘n replica van die Storm se experience op jou tablet soek nie.

Verder kan hy met jou BlackBerry sync deur middel van Bluetooth om emails, BBM en ander dokumente met Push Technology te ontvang. Selfs BB se notorious security en encryption beskerm jou van enige verdagte kalante wat jou girlfriend se selfoon nommer wou hijack.

Sy App World integration lyk uitstekend, en hulle het beslis uit gegaan om die lewe makliker te maak vir developers – en sodoende ‘n gesonde app mark te verseker. Onder andere ondersteun dit nuwe weergawes van die BlackBerry OS, Java en Adobe AIR.

En vir die nerds:
  • 16GB en 32GB modelle
  • 7″ LCD display, 1024 x 600 screen resolution
  • 5.1″ x 7.6″ x 0.4″ (130mm x 194mm x 10mm)
  • 0.9 lbs (400g)
  • Built-in microUSB connector
  • Multi-touch capacitive screen
  • Wi-Fi® 802.11 a/b/g/n
  • 1 GHz dual-core processor
  • 1GB RAM

Ons verdict? Die Playbook gaan ‘n wenner wees, mits dit die business case vir ‘n besigheidsgehoor kan maak. Die produk se prys word bespiegel om in te klok teen ‘n peperduur $1,000 – wat beteken besigheidsverbruikers sal vir eers RIM se maak-of-breek beteken. Wat verder kommerwekkend is, is dat RIM se market share baie begin gly het in die G20 lande, en in baie gevalle sien hulle die Playbook as hul saving grace.

Tog is ons opgewonde om die produk te sien, asook die komende media-showdown tussen dit en die iPad.

Obox en WooThemes sit vir SA op die mobile map

Die iPhone 4 tref SA rakke die week

Ons het vanoggend gesien dat die iPhone 4 moreaand om middernag beskikbaar sal wees in Suid Afrika, slegs by Vodacom. Ek weet nie of ons dieselfde toue kan verwag wat ons buite Amerikaanse en Britse Apple winkels gesien het nie, maar daar sal verseker ‘n hele klompie SA fanboys & girls wees wat dit uit wag.

Ons kon nie enige persverklarings van Vodacom self opspoor nie, maar die tweet deur Simon Dingle is ‘n redelik betroubare bron.

Vir meer inligting, gaan na Vodacom se iPhone 4 inligtingsblad.

Is dit net ek, of probeer Dell bietjie hard?

[Prentjie van Engadget]