Het jy Google se instant search al uitgecheck? Dit lyk amazing op die video maar ek kry dit nie reg om dit te laat werk nie… Dis seker my fout, ek meen Google maak nie foute nie.

Wat nogal interessant is, is die feit dat hulle dit ook uit rol vir mobile. Hier is ‘n video presentation wat Google gedoen het vir Mashable. Let op hoe die dude als qualify: “I’m actually having a little trouble with the wifi at the moment” en “I will be doing the demo over 3G, so, looks like it just lost a lot of bars there, so…” Awkward begin.

En daai Droid 2 lyk na ‘n mini laptop! Ek weet nie hoe lank dit gaan vat voor Google Instant beskikbaar sal wees vir non-smartphones, maar so na die video gekyk lyk dit ‘n lang pad weg. Die ander vraag is: kan dit wees dat ons kyk na nog ‘n Google Wave?

Dis regtig ‘n goeie idee. Net ‘n jammerte dat dit so ‘n Sakshat naam het.

(download)

Laaste een! Ek belowe!

Download now or watch on posterous

googleuk.mp4 (1919 KB)

Hierdie een wys vandag op die Google UK home page. Check dit uit terwyl jy nog kan!

En hulle kon nie eens ‘n volledige…

En dis wat Tipp-Ex agtergekom het – dat ‘n TV ad op YouTube maar net nog ‘n TV ad op YouTube is. Min mense gebruik YouTube annotations effektief, maar hierdie nuwe spin op Burger King se Subservient Chicken slaan die spyker op die kop.

Hier is ‘n pretty cool execution van ‘n ad wat speel met die feit dat jy jou storie oor kan skryf as jy Tipp-Ex gebruik. Dit is NVVW (nie veilig vir werk… daar coin ons ‘n nuwe term) so druk maar jou ore toe as jy ‘n paar stoute woorde hoor. Dis nou as jy wil.

Onlangs het ‘n nog ‘n kreatiewe gebruik van annotations gesien, wat deur ‘n Belgiese band gebruik is vir ‘n magazine-styl show. Nice en simplisties.

Ek sal bietjie my taalvernuf opknap vir hierdie “blog” boodskap.

Mens hoor al hoe meer van sportsterre wat gas gegee word oor hul gebruik van Twitter. Kevin Pietersen is die nuutste om onder die spervuur te kom nadat hy uit die Engelse Twintig20 en eendag spanne gelaat is. Indien die leser meer wil weet oor die rasionaal vir sy uitsluiting, lees gerus Sport24 of ander webwerwe met meer in-diepte verslagdoening.

Wat vir my wel opmerkend was was dat Mnr. Pietersen onder die indruk was dat hy vir ‘n paar vriende ‘n KBD (kortboodskapdiens) gestuur het, maar per abuis het die boodskap by Twitter uitgekom. Dit klink dalk soos ‘n ouvroustorie, maar dit kan wel waar wees as jy kyk na die “tweet”, wat wel gestuur was as teksboodskap.

Dit bring tog die vraag na vore: is dit reg vir ‘n krieketraad (of enige ander sportsraad) om ‘n speler te beboet of te skors vir dit wat hulle op sosiale media sê?

Download now or watch on posterous

bucky.mp4 (495 KB)

Ek is seker nie baie van ons weet wat ‘n buckyball is nie, maar as jy dit sien behoort jy dit te herken. Dis pretty geeky (te geeky selfs vir hierdie blog) though.

« Previous PageNext Page »